 |
|
|
Bloodsport (1988)
Review deur CHopper CHarlie
Met: Jean-Claude van Damme
Kom ons sê nou maar eenmaal 'n ding soos hy is. etv is nie altyd fokken lekker nie. Daai ou TCM swart en wit movies waar almal so kak sing en nooit vloek nie suig piel. Hulle weerberigte ook, behalwe as jy 'n gereelde gebruiker van cheap drugs is.
Maar nou en dan is ek baie bly ek kry so stasie waarvoor ek nie 'n sent betaal nie. En nee dis nie oor die soft porn op Vrydagaande nie, alhoewel hulle "Oe-a-oe-a maagseks baby" flieks beter is as dié op M-Net. Daai "Sex Files" is blerrie goed, checkit bietjie.
Nee, die fliek waarmee ek onlangs so ingedruk was is 'n classic op 'n anner manier. As standerd vyf laaitie het ons hierdie outjie oor en oor gespeck, dit was fokken killer man. In die great tradition van ander flieks soos "Best of the Best", "Kickboxer", "Rocky" en dies meer kom die fokken briljante martial arts classic "Bloodsport".
Frank Dux, 'n Amerikaanse kung-fu yster, neem deel aan die kumite in Hong Kong. Die kumite is soos die ma se poes barney van alle tye. Dis martial arts maar dis full contact so alles gaan en jy kan bliksem soos jy laaik. Dis moerse underground en blykbaar is ouens al dood na 'n happie vuispastei.
Nou Frank Dux is ons spierbeertjie pel, 'n jong Jean-Claude van Damme in sy heyday. Die movie track sy lewe van vroeg van kunsbeen af toe hy by Mister Mijagi... nee wag, Master Tanaka geleer het om 'n vis te vang met 'n blinddoek aan en om gerek te word deur sulke boompies en om te split en hard op die bene geslaan te word met pype. Basically soos skool in apartheid Suid-Afrika.
Lekker kak grootgeword eintlik, die arme doos moes die hele tyd oefen. Maar anyway, ou ballie Tanaka peg en van Damme duik Hong Kong toe om die gewone "honour" ding te doen vir die Tanaka clan. Hy's nou mooi groot en kan lekker bliksem. Split ook en bakstene breek.
Hier aangekom ontmoet Frank 'n ander stereotipiese Amerikaner. 'n Lekker dik, bebaarde, bierdrinkende, Harley Davison bandana-draende biker ou wat hard praat en fokken irriterend is. Dié poes is ook daar vir die kumite en hulle raak pelle. Alhoewel van Damme nie drink nie en ook self bietjie van 'n doos is.
Wat lekker is is dat JC (van Damme nie die ander een nie) die hele tyd sulke lekker kak eighties klere dra soos byvoorbeeld 'n ligte cream chino wat tot onder sy arms opgetrek is met 'n fokken stywe swart vest (of sports bra) en 'n leerbelt. Natuurlik is die sportsbra by die chino ingesteek en sy hare is so kak kantpaadjie gekam. Cunt-paadjie dink mens so by my mensself. Mens lag so onderlangs.
Daar's natuurlik ook 'n girl. En nie watse girl nie. 'n Stupidte blonde tannie met FOKKEN GROOT HARE en die kakste klere imaginable aan 'n vrou. Sy is 'n joernalis wat die kumite wil cover maar omdat dit so verskriklike geheim is pik sy verward. Sy fok maar eintlik die hele fliek lank rond sonder om veel gedoen te kry. Ek dink daai reporter van die Turtles was beter as sy. April O'Neill was mos haar naam...
Anyway, die kumite begin en sommer vinnig donner die reigning champ (Chong Li) Frank Dux se Amerikaanse buddy reg in die hospitaal in. Saal 2, 3 en 4 - knocked the fuck out op sy rug. Die crazylooking Chong Li vat die bandana om JC te spite en geniet homself verskriklik. Die scene is nou geset vir die alombekende revenge tema.
Matters word natuurlik nog meer gekompliseer deur twee Amerikaanse militêre polisieouens wat probeer om vir Frank te corner. En dan word goed nog meer kompleks omdat Frank gaan staan en rondfok met die lelike blonde tannie met die FOKKEN GROOT HARE. 'n Lekker scene is die ene waar sy in die bed lê en dan pan die kamera uit waar JC sy Jockey staan en optrek. Dis egter so kak ge-edit dat hy sy panna begin optrek 'n breukdeel van 'n sekonde nadat die kamera op hom fokus. Blerrie laventelhaan.
En so neuk dinge aan, mens sien hoe word al die verskillende fighters platgemoer tot by die famous been scene waar Chong Li sy opponent platskop en dan sy been breek sodat hy so lekker wit verkeerde kant toe uitbreek deur die vel. Dan wince almal so en vryf aan hulle eie been om seker te maak hulle is orraait.
Uiteindelik is dit tyd vir Frank Dux om Chong Li aan te vat en soos in alle goeie fight flieks verloor Frank die eerste deel (as die hero). Dan gooi Chong Li Grandpa's in sy oë en dan is hy fucked. Terwyl Chong Li die PK's laat reën onthou JC weer toe hy die vis gevang het met die blinddoek en dan moer hy vir Hasie.
So hy wen die kumite, kry sy buddy se stupitte bandana terug en klimp op 'n plane saam met die militêre polisieouens. Dan as die titles rol check jy dis gebaseer op 'n ware storie en dan dink jy fok nou's dit eers cool. Soos dat Frank Dux die rekord hou vir die vinnigste knockout en vinnigste punch. Hectic.
Hoogtepunte:
- Title song: Waarin hulle predictably sing "You fight to survive" en "Kumite, kumite" chant. Pure eigthies plesier.
- Wardrobe dwarsdeur: Check JC en die reporter tannie. Fokken classic.
- Training sequences: JC se visvang, lyfrek, eiers kraak / split episodes is fantasties, amper Rocky standaard. Hy split sewe keer in die fliek.
- Fighting styles: So training sequence in die begin waar almal oor die wêreld oefen soos die apie outjie en die ou met die handjies.
- Fights: Ouens se tanne word uitgemoer, bene word gebreek en ous word selfs doodgebliksem. Finish him!
- Chase scene: Die kamstig komiese scene waar JC deur die polisie ouens gejaag word. Nooit ou, fokken blind.
- Coin trick: Om die reporter tannie te save van so Arabiese dude doen JC so lekker vinnige coin trick. Beter as Martino.
- Facial expressions: Chong Li se crazy look as hy mense uithaal is fokken snaaks. Lyk of hy 'n aneurism gaan klap as hy nie vinnig poep nie.
- Quote: "You break my record, now I break you, like I break your friend." - Chong Li
As dit nie genoeg rede is om diê fliek te check nie weet ek fokken wragtig nie. Hierdie outjie is nog 'n JC van Damme classic van back in the day. En dis nogal snaaks om te sien dat stories in regte lewe ook op revenge gebaseer is. Checkituit as jy nog nie het nie. As jy het, kry hom weer.
Feedback?
Oorspronklik gepublish op die altemit Afrikaanse sait in die heelal.
© CHopper CHarlie 2005
|
|