 |
|
|
Cringe, the beloved country - 'n Review
CHopper CHarlie
Wat het 'n blou tweerandnoot, die Scope en Bles Bridges in gemeen? Wat's fout met 'n gholfbal posbus of 'n goue Verwoerd lampstaander? Wie is Jani Allen, die Prins van Pretoria en Glenda Kemp?
Fokken belangrike vrae hierrie. Sal my selfs verstout om te sê poesbelangrik. As jy teen die stadium noggie kop wat die skinny is hier nie kan jy maar ALt F4 en loop skommel. Blerrie doos.
Deel van ons land se geskiedenis, veral pre-1994 het allerande zeftighede opgelewer en gemaak dat goed soos die Huisgenoot floreer. Soos snorre in die polisie. En snortoffies in Hatfield.
Anyway ... baie van julle zefgatte slaan al van vroeg af die komper om hierdie ware kultuur na te vors hier op ons einste websait. En sedert Junie 2000 breek ons die kulturele wind, hand onder die arm in die gesig van Afrikaanse kultuur. Rrrrrrrtttt!
Natuurlik was dit net 'n kwessie van tyd (en geld) voordat die mainstream hierdie trend spot en begin myn. En so kom ons by hierdie nuwe boekie wat ek vandag aan julle Gypsy-clad voete met lang bruin toonnaels lê.
"Cringe, the beloved country" deur Pat Hopkins is nogal fokken lekker. Dis soos 'n ride terug na al die ou dose van die oudedoos. Die Groot Krokodil is daar met sy vinger uitgesteek, ou vlag agter hom en "Glo in jou God, Glo in jou volk, Glo in jouself." voor hom op daai goed waaragter die hoof Maandae skool geopen het.
Dis fokken lekker om al sulke foto's en events in 'n boek saam te sien en dan's dit nogal lekker georganise ook onder headings soos Entertainment (insl. Bruce Beyers van "Agter Elke Man"), Sport (met Zola Budd), Sex and morality (met Piet "Promises" Koornhof en sy bruin vrou) en so aan.
Natuurlik feature musiek ook en Springbok Hits, Manuel Escorsio, Lance James en Bles kry almal 'n mention. Die deel oor die 80s en klere van die tyd is bietjie kak gedoen though.
Hier reken die oom ons te beduie dat daai dasse vir mans met die keyboards op in die seventies was. Maybe toe al begin, maar in die klein dorpie waar ek gespeen is kan jy maar fokken weer dink pappie. Daai outjies was die 80s se kind.
All in all is die boek 'n fokken lekker lees. Dit het baie nice petrette en snaakse quotes in so mens sukkel nie regtig nie en lees dit sommer vinnig klaar. Lekker laggies ook vir hoe kak ons mense kan wees. Check ook die lekker freaky neon inlays net voor die title pages. Neon man!
Feedback?
Oorspronklik gepublish op die altemit Afrikaanse sait in die heelal.
© CHopper CHarlie 2005
|
|