 |
|
|
Dirty Dancing (1987)
Review deur CHopper CHarlie
Met: Patrick Swayze, Jennifer Grey et al.
Mens moet onthou hoe naïef die eighties was. As jy geskiem het 'n fliek met die naam "Dirty Dancing" gaan vir jou lekker vuilgat dans moves tune waar die meisies so op die ouens se bene perdjie ry dan moet jy weer traai china. Dit was Lambada, The Forbidden Dance en dit was, incidentally, moerse fokken lame ook.
So wat het ons dan hier mee te doen? Well, die saak staan so. Dis die sixties, meeste mense is uptight en dan is daar die jollers. Hierdie chick nê, nogal 'n lelike eendjie met so krom neus gaan saam haar Pa-hulle na so tipe vakansie resort toe vir rykgatte en ander turfjakkalse. Amper soos 'n Sun City Summer Camp vir grootmense en hul families.
Die lelike eendjie se naam is Baby en sy is so simpel soos 'n babatjie en nie hot soos iemand wat jy sommer sal "baby" chaff nie. So krom neus en als. Niks lekker nie. By hierdie simpel oord aangekom, neem Baby en haar familie deel aan sulke simpel talentkompetisies en events soos veldskool behalwe dat niemand met 'n rottang geslaan word nie. Die waiters daar (kamtig studente) kom wel die ryk meisies by met 'n lat van 'n anner aard. Of so imply hulle. Mens sien nooit seks in die fliek nie. Vergeet dit.
Hulle check vir Patrick Swayze (aptly genoem Johnny) wat soos die main-pikkewyn van dans is daar met so blonde girl wat mooi is op so eighties manier. M.a.w. maer met lang boude en groot hare en tande. Ook baie make-up en blink klere. Nou Johnny is 'n breker. Lekker ducktail styl met kort broek en wit kouse, lekker kraagkroon en sommer baie fokken houding. Pa se groot seun!
Ag en dan fok als uit. Johnny leer vir Baby dans, hulle raak verlief (no way!) al is sy so lelik en dans op stompe in die rivier en in sy karige houthut en so aan. Spyker selfs. Dan vind hulle uit Blondie is preggers met so anner puisgevreet se kind. Dan organise hulle 'n aborsie wat uitdraai om wel, 'n aborsie te wees en Blondie bloei amper dood. Gelukkig is Baby se Pa 'n dokter en hy help bietjie uit, maar dan check hy van Baby se involvement met bra Johnny en dan's die gort gaar.
Almal is ongelukkig en haat mekaar vir 'n rukkie. Natuurlik word al die skuld gepak op ou Johnny want duckies maak mos altyd kak. Hoogs die moer in skip hy town. Fokken net so, los hierdie kak, "I don't need you" tipe van opruk en deur toeslaan.
Heel op die einde slaan die breker weer uit, leerbaadjie en al, hare gegel en reg vir fokken moves. Dis natuurlik die finale event by die stupitte asshole Summer Camp en hulle dans op die einde so fantasties en Baby se Pa is bly en hulle ontmasker die nare outjie wat Blondie dragtig gemaak het en als is net weer fokken superfab-funky.
Dan is daar so huilerige scene op die einde waar Johnny nou weer sy ry kry as Baby-hulle wil waai. Sug. Sulke brekers met wit t-shirts en swart plastic sonbrille behoort mos aan niemand nie en vat altyd die pad voor die kind groot is. Mos "free spirits". Whatever. Dan huil mens se meisie en dink so aan "(I had) The time of my Life" wat netnou gespeel het.
Hoogtepunte:
- Soundtrack: Tracks soos "Time of my life", "Hungry eyes" en dan natuurlik "She's like the wind" gesing deur Swayze homself is fantasties. Kan onthou dat menige meisies leepoog aan ouens gehang het tydens sokkies op hierdie tunes. Trots om te erken dat ek steeds die plaat het.
- Johnny se mullet: Lekker ape drape vir Patrick Swayze het gemaak dat hy vir lank in die nineties nog 'n hero was met sulke cool movies soos "Roadhouse" en so aan... Kan nou net nie aan een dink nie...
- Die lelike eendjie se transformasie: Watse transformasie? Sy bly net so lelik en simpel tot aan die einde van die fliek. Slegte slegte meisie vir 'n hoofrol.
- Klere: Jirre die mense trek simpel aan. Jennifer Grey het sulke driekwart broeke en sulke wit lap tekkies aan. Johnny is nie dood nie, hy's net 'n duckie. Lekker blind pel. Wit sokkies. Yona we!
- Die dansmoves: Mens kyk dit so saam met jou ouers dan tune hulle hulle het ook so gedans in hulle tyd. Dan dink jy hoe dans jy nou en hang jou kop in skaamte.
Wel, dis nog steeds mighty worth dit om weer te check. Drink shots elke keer as hulle dans of wat ook al. Kyk saam met girls. Dis lekkerder. Kyk ook sommer uit vir die follow-up wat nou uit is "Dirty Dancing: Havanna Nights" met sulke onbekende akteurs. Dit, skiem ek, gaan moerse lame wees.
Maar hulle reken - "Now you can have the time of your life all over again..."
Whatever.
Feedback?
Oorspronklik gepublish op die altemit Afrikaanse sait in die heelal.
© CHopper CHarlie 2005
|
|