 |
|
|
Flashdance (1983)
Review deur CHopper CHarlie
Met: Jennifer Beals... whatever
As daar een ding is wat die eigthies vir ons gegee het is dit zef tannies met FOKKEN GROOT HARE. Vat nou maar die fliek met Jennifer Beals en haar spiral perm. Unbelievable. Sy's net supposed om agtien jaar oud te wees en ewe skuwelik lyk sy so iemand se ma by wie mens gaan speel het. Eish.
About alles wat asem het het al die movie gesien. Dis die storie van 'n jong chick wat 'n welder is by day en 'n danseres by night. Sy wil eintlik 'n ballerina wees maar sy dans in 'n sletterige club met so lelike eenstuk costume en sy het geen opleiding nie. Ag shame.
Sy val vir haar baas, so olierige doos met 'n Porsche 911, wat goed is want hulle is altwee in konstruksie. Sy gaan vir auditions by die balletskool maar hardloop weg klaarblyklik omdat die meisies so simpel is en die sekretaresse lyk of sy poep ruik. (Later vind ek uit sy het weggehardloop dis omdat sy embarrased was. Well, excuse me - niemand het gesê jy moet sulke FOKKEN GROOT HARE dra nie.)
Verder ry sy 'n resies fiets en doen sulke lame moderne danse by Mawby's Bar. Hier werk sy saam met so fokken lame damduiker wat dit as comedian wil maak en 'n lot ander muisies wat routines doen met vere en glitter en neon en baie make-up. Iets allerverskriklik.
Dan gaan so krimpie dood wat die pipe dreams van greatness in haar kop geplant het en sy raak depressed. Boonop hoor sy haar een buddy dans in so Teazers tipe joint en dan's dit net fokken krappe. Sy gaan ruk haar mede-flossie daar uit en besluit sy moet nou vir hierdie audition gaan en fokken klaarkry. Mens is nogal bly hieroor want die movie begin nogal kak raak teen hierdie tyd. Dinge moes eintlik al lankal na 'n punt toe begin gaan het.
"Asseblief Alex," dink jy. "Gaan nou vir die fokken audition, ek wil 'n mountain of prawns gaan eet."
Dan gaan sy vir die audition en sy doen daai "What a feeling" song en die sneeudiere wat beoordeel tap hulle voete en vryf hulle hande en is net fokken impressed. Natuurlik maak sy dit en as sy uitkom dan wag Pappa Konstruksie vir haar in die Porsche met haar hond buite. Die hond het 'n groot rooi strik om wat weird is want mens het al die hond gesien deur die hele movie. Maybe het loverman die vorige hond omgery met die Porsche en toe koop hy 'n nuwe een - daai deel het blykbaar nie die final cut gemaak nie.
Wat 'n fokken plot. Eintlik is die hele movie net 'n moerse verskoning om keyboard musiek en moderne dance routines af te show. My verduideliking hierbo maak meer sin as die actual movie. Soos wat het van die buddy geword? Wat het van die comedian geword? Is die gebou ooit klaar waaraan sy gewerk het? Wie was die ou vrou wat gepeg het?
Die dance sequences, however, is fokken classic en meeste van die tannies het sulke high-cut onvleiende eenstuk costumes aan. Pure cringe-genot. Die script is hella lame en hoekom die video steeds 'n 18 (sorry 2-18) beperking dra weet nugter alleen. Hulle wil seker nie jong kinders aan sulke weak plots blootstel nie.
Ek kan nog onthou dat die movie beskou is as bietjie raunchy toe dit uitgekom het. Seker gedink dis "Vleesdans", daai ou sensor-doosbreine. Nooit ouens.
Blykbaar was dit 'n moerse sought-after rol en Demi Moore het ook audition. Hulle het anyway 'n lot stunt doubles gebruik vir die dans scenes. Daar is tot vandag nie een enkele mens wat al daai moves kan doen nie. So hoor ek maar...
Op die einde het die movie meer as 'n $100 miljoen gemaak, baie meisies moderne dansonnies gemaak en sequins verkope die hoogte laat inskiet. Dit het ook 'n soundtrack gespawn wat 'n Oscar gewen het. Nie dat dit veel beteken nie. Onthou, Tom Hanks het ook al 'n Oscar gewen.
Selfs Geri Haliwell en J-Lo het music videos op die audition scene gebaseer en hulle het selfs daarmee gejoke in "Six Feet Under" op TV. Bid jou aan.
Hoogtepunte:
- Soundtrack: Behalwe vir die title track (onthou "take your passion and make it happen", jy kan dit ook maak al het jy puisies) is daar ander suspect tunes soos "(She's a) Maniac" en "Manhunt". Amper Bonnie Tyleresque van die goed. Luuks.
- Hairstyles: Die ouens lyk lamerig maar dis nie te bad nie. Maar die tannies. Fokit ouens. As dit nie FOKKEN GROOT HARE is nie, is dit sulke korthaarkuiwe en bleached gemorse. Tannie, tannie en nogmaals tannie. Amen.
- Lines: "What a feeling" is 'n obvious ene. Dan sulke keepers soos "When the dancer becomes the dance" en "As a matter of fact I fucked his brains out". Kyk, nou praat ons besigheid.
- Costumes & routines: Dit vat tacky straight verby Begin sonder om R200 te collect. Elke lame eighties fantasy word holrug gery. It's fantastic!
- Die hond: Dat mens nooit weer van die actors gehoor het nie is niks minder as regverdig nie. Ons praat hier van mense met minder range as Keanu Reeves of Roseanne Bar. Die hond, aan die ander kant, was uitstekend. Selfs op die einde dra hy die rooi strik met 'n authority wat my verstom het. Pa se groot seun!
Jy weet nou wat jy mee te doen het. Dis nie so bad nie, onthou dat Tom Hanks of Meryl Streep daarin kon gewees het en dan wat? Ja, sien jy nou. Glad nie so erg ewe skielik nie. Kyk hom as al die nuwe flieks wat jy wou sien uit is en jy klaar "My Cousin Vinny" 'n duisend keer gesien het. Ook as jy moderne dans gedoen het of as jy dit nog graag wil begin doen. Mens moet êrens begin...
Feedback?
Oorspronklik gepublish op die altemit Afrikaanse sait in die heelal.
© CHopper CHarlie 2005
|
|