Homepage

Biografies

Interviews

Movie reviews

Dik tunes

Zeftigheid

World affairs

Cool links

Space & drank

Kontak

 

Moer hom met die kop: Jou guide tot vroeë 90s duiwelsmusiek

CHopper CHarlie

Metal is nou maar eenmaal my kos. Niks so nca soos 'n takhaar ou wat skree en 'n kitaar wat hom 'n goeie go gee nie. Verneem ek toe mos van The Darkness, Briste band wat nou weer hair metal (met spandex en so aan) uitkap. Maar is die ouens die biz? Ek weet darem nie. Kyk in MY dae het hulle geweet hoe om metal te maak. Daarrie metal is nog met die hand voorberei terwyl ek in die sneeu skool toe gestap het en vyfrande in note gekom het en die aarde nog plat was.

You get the idea. Ek's nie vandag se fokken baby nie.

Anyway, hier is dan (in geen particular orde nie, dis hoe ek dit onthou het) tien albums wat kwaai lappies was in die laat 80s en vroeë 90s. Hierdie manne het pofhare, bandannas, cowboy boots, makeup en partykeer Satie cool gemaak.

(Wat ook nice was van hierdie metal bands was die rock ballads wat jy op 'n een tape record het en dan gee jy dit vir jou meisie en dan vry jy en druk jou hande in waar jy kan want dit gaan als oor hoe jy jou cherrie smaak maar met kitare wat inkom op die regte plekke en dan moet jy ewe skielik opstaan om die tape om te draai en raai dan wie het tent opgeslaan?)

1. Ozzy Osbourne - No More Tears (1991)
Sekerlik die Ozzmeister se beste album. Lekker laag getunede kitare met komplimente van Zakk Wylde en die Alice in Chains bassist. Die heavieste Ozzy album at the time met net die regte scattering ballads. Lekker donker op plekke, plain freaky en weird op ander. - Check uit vir: "No more tears", "Desire", en "Zombie Stomp".

2. Motley Crue - Dr. Feelgood (1989)
Hierdie lot swart mopkoppe het laat lees met 'n gepolishde album. Dis seks, draks, seks, motorfietse en wel, seks die hele pad bank toe. Dis nou die sitkamerbank waar jy jou goose vasdruk soos bo vermeld. Op een song word 'n zip afgetrek en dan lag so girlie. Huh? Fokken cool. - Check uit vir: "Dr. Feelgood", "Kickstart my heart", en "She goes down".

3. Guns 'n Roses - Use Your Illusion (1991)
Ja, jirre ek weet dit was twee albums, maar daar's net 10 plekke OK? Hierdie is seker die fokken album van hierdie tyd. Fokkit dit rule. Jissis. Na die sukses van "Appetite for Destruction" expand die ouens die band met klawers en goeters en produce sommer twee albums propvol sleazy kitare en absolute dekadensie. Probably die Gunners op hulle creative best. Waar "Appetite" soos om 'n dronk meisie in die badkamer van 'n seedy bar by te kom, is "Illusion" soos om 'n slutty dog unavailable meisie te bewonder in dieselfde seedy bar. - Check uit vir: "You Could Be Mine", "Bad Obession", en "Estranged".

4. Poison - Flesh & Blood (1990)
Lank my favourite glam rockers, en heel moontlik hulle solidste album ever. Almal ken "Unskinny Bop" maar dis sommer 'n poes track. Tunes wissel van bluesy rock tot naai ballads tot lekker straightforward rock 'n roll. En natuurlik vinnige solos. - Check uit vir: "Ride the Wind", Flesh & Blood", en "Something To Believe In".

5. Skid Row - Slave to the Grind (1991)
Na 'n eerste album wat bietjie simpel was op plekke looi die moernaaie van Skid Row ons met 'n lekker heavy enetjie. Die bass ou het so kettinkie van sy neus tot by sy oor wat ek nogal geskiem het flaai was. Asook die lead vocalist was Sebastian Bach wat nogal hot was vir 'n chick, al was hy 'n man. Umm, ek bedoel ... jy weet man. Anyway, dis 'n fokken geskrou op plekke maar baie fokken lekker. - Check uit vir: "Slave to the Grind", "Get the Fuck out", "Mudkicker" en "Quicksand Jesus".

6. Judas Priest - Painkiller (1990)
Hierdie album was die fokken biz let me tell you. Lekker crazy speedmetal oor metal monsters en speed demons en Satie goeters soos Night Crawler wat mensekinnertjies doodmaak. Hierdie ouens het ok lekker leer en studs gedra en is al hof toe oor iemand homself uitgehaal het kamstig a.g.v. die Duiwel se musiek. Lekker metal, lekker vinnig, lekker evil. Baie solo's. - Check uit vir: "Night Crawler", "A TOuch of Evil", "Hell Patrol" en "Metal Meltdown".

7. Black Sabbath - Dehumanizer (1992)
Na baie jare se kak eighties albums met onbekende bliksems en anner slapgatte join die Man in black, Tony Iommi uiteindelik weer op met Geezer Butler, Vinnie Appice en kwaaikabouterjie Ronny James Dio. Almal van julle ken seker die "Time Machine" track van die "Wayne's World 2" soundtrack en dis nogal nie te kakkie of wat? Lekker solid metal deur die pioneers, swaar kitare, dowwe dromme en hoë ballclutching vocals. Kwaai! - Check uit vir: "Computer God", "I", "TV Crimes" en "Time Machine".

8. ACDC - The Razor's Edge (1990)
ACDC (of After Christ Devil Comes) het obviously geen introduction nodig nie. Maar die jirre weet, ek kan nie onthou dat hulle al so groot song in die mainstream gehad het soos "Thunderstruck" by sokkies oor die wereld nie. Fokkit, dit was huge. En dis actually 'n fokken lekker album hierdie, na "Back in Black" my favourite van al hulle albums na Bon Scott se dood. Check uit vir: "The Razor's Edge", "Moneytalks", "Fire Your Guns" en "Thunderstruck".

9. WASP - The Crimson Idol (1992)
Nog 'n Rodney Seale pet hate. WASP (or We Are Satan's People) bestaan nog altyd net uit about Blackie Lawless terwyl Chris Holmes hom op lead uithelp. Vir die Crimson Idol doen hy sommer fokken als self, saam met Satie. Demoniese kragte allow hom om 'n hele metal opera uit te werk, so die album gaan oor die rise en fall van 'n rock ster. Lekker fokken piele. Check uit vir: "CHainsaw Charlie" en "Hold On To My Heart".

10. Metallica - Metallica (1991)
Alhoewel nie so vinnig soos hulle vorige goed nie, en 'n dissapointment vir baie van die Old Skool metalheads was hierdie fokken skitterend. Lekker fokken heavy riffs met GROOT fokken kitare en baie chugging riffs. Die hele album het 'n lekker vet sound en almal het fokken "Enter Sandman" na 'n rukkie begin saamsing en voete tap. Hulle laaste decent album. Check uit vir: "Sad but True", "God that Failed", "My Friend's Misery" en "The Unforgiven".

Feedback?

Oorspronklik gepublish op die altemit Afrikaanse sait in die heelal.

© CHopper CHarlie 2005