Homepage

Biografies

Interviews

Movie reviews

Dik tunes

Zeftigheid

World affairs

Cool links

Space & drank

Kontak

 

Maak 'n fokken main Mojito

CHopper CHarlie

Agtergrond: 'n Gewilde drankie in die Karibbiese eilande, en word met Kuba geassosieer. Is veral lekker op hittige somerdae, verkieslik met ‘n dakwaaier wat lui bo jou kop rondslinger en ‘n uitsig oor die water. Hierdie outjie is 'n persoonlike favourite, lekker sterk, suurerig, en glad nie soet nie. So ja...

Glas: 'n Lekker dikke, kort of medium-size.

Bestanddele: 8-10 mintblare, ‘n halwe lime, twee shots Bacardi wit rum, ginger ale, en grof-gebreekte ys.

Metode: Kneus die mintblare met ‘n lepel teen die binnekant van ‘n stewige glas. Voeg die ys en lime by en druk weer teen die glas se rand dat die geure meng. Gooi rum by. Moenie minder as twee tots bygooi nie. Ooit nie. Nog ys. Roer als saam. Maak vol met ginger ale. Drop ‘n suurlemoenskyfie in. Knoop oop jou hemp, sit terug en sluk. ‘n Standaard Mojito.

* Vir ‘n soeter variasie, gebruik mixed berry juice in plaas van ginger ale.

Feedback?

© CHopper CHarlie 2005